16/07/25

Ek wou net kyk

maar ek onthou
net ‘n foto van jou 

was te veel vir my


ek soek my hart 

dit lê op die grond

dan spring dit weer  

in my mond


jy was te veel om te hanteer

dit het nog nooit 

met my gebeur


hulle het my ingeboek 

in Tara om die hoek

my ingespuit 

en weke lank toegesluit


toe ek uitstap in ‘n park 

was ek reg in my hart

maar ek kon jou beeld

nie vergeet




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...