11/07/25

En lewe in lig

en jy

slaap nou rustig

op die klanke 

van 'n diep basviool-oktet

word wakker

met 'n sonstroom

deur die oop venster

‘n skynsel, 'n deursigtigheid

van 'n Górecki helder einde

op die laagste A noot

stap by daai deur uit

en lewe

in lig


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...