11/07/25

En daaroor sou ons dig

tevrede raak ek 

net meer lief

vir jou ver blik 

na die gesigseinder gerig

en daar gee ek ’n ontspanne sug

oor die wydheid van oop landskappe

die ruimte alom van Afrika

die ver hemelblou lug


ek en jy

was digters in Afrikaans

en daaroor 

sou ons dig






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...