ek stap deur strate
van ‘n stokou stad
ek kom vlugtig in klipkerke
van gisterklanke
en gaan tot by katedraalvensters
se biddende hande
ek kyk op en hou daai toring dop
daar waar ek jou voel-voel soek
daar waar ek jou glad nie vind nie
soek my ongeoefende vingers
die snare van my ou kitaar
sing ek sag
my hartseer liedjie

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.