jy’t my volgemaak van binne
jy’t nuwe lewe in my geblaas
vir my ligte gewys
wat oor die aarde dans
jy’t iets in my gesien
toe ek gedink het
daar is niks meer nie
jy’t na my gekyk
en my vir lank
saam laat reis
ek sien jou lag
voor my elke dag
die glimlag in jou oë
steeds het ek het nie geweet
hoekom ek so gehuil het nie
dié dag, toe ek
jou moes verloor

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.