jy het my lewe gevul met gedagtes
en lawwe vreemde akkoorde
jy het nuwe wêrelde vir my oopgemaak
die ruimte, naghemelwaarnemings
visse wat deur die sterre swem
anderkant Tierra del Fuego
Jupiter en Mars, nuwe groot stede
se hoë torings, computer kodetale
dykes in bike verhale, ondergrondse
treinspore, stories in gedig op gedig
nou dink ek, moeg en uitgeput
aan jou lang sterk bene
jou mal liefde in lirieke
jou poësie, jou Afrika
jou wil van staal
en ek sug
vir eers
op gedig

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.