15/07/25

Kersvers

jy's 'n vers
sonder herhaling

sonder krag in die koue

sal jy steeds sit en dink

vroegoggend 

met ‘n potlood 

in jou hand


dis die dag wat breek

die Karooson aan die brand


ek blaas dood jou kers

en lees oor jou skouer 

jou nuwe vers




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...