vanoggend in my park
in my buitekantse bad
lê ek en luister na geluide
toe die dag begin te sing
kelkiewyn kapokvoël
kiewiet en klein kanarie
kalkoentjie klappertjie
en geelbors janewarie
vanoggend in my park
in my buitekantse bad
lê ek en wonder
waaroor ek vandag nog als
gaan wonder
Of eerder sit ek op my stoep. En wonder.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.