oy gewalt und gewetch
plotch und pletch
die skrywers en skilders
digters filosowe denkers
en sommer eksentrieke professore
‘n gepratery van werkwoorde
tot laat in die nag
dramatipes wat in ons huis gekiep het
vreemde wesens wat van oor die water
by ons beland het
Jean Claude Lejosne van Metz
in 1977 het hy maande lank by ons gebly
so reuk so stank
sleep hulle hom saam plase toe
en toe was hy gek oor Suidwes
kruip by die mense in hulle strooise rond
hierdie professor wat baie vreemde tale kon praat
en my leer dink het in my eie brabbelfrans
die ou komponis en sy gesinnetjie
pas terug uit Baltimore ‘n drie weke
by ons gebly met die twee seuntjies
daai hele storie van Stefans Grové
het ek elders in my memoir al beskryf
my ouerhuis se deure het oopgestaan
die mense het gekom en weer gegaan
musici
‘n heldetenoor uit Pole
‘n bariton van New York
‘n pianis tipies Duitsland
en een van iewers Spaans, maar
hulle almal kon ook geweldig baie praat
daai Unisa eerste internasionale musiekkompetisies
was ‘n big deal ons was almal verstom
met hoe wonnerlik daai performing young artists
1982 die klaviere en in 1984 ek was toe 23
kom bly 'n wêreldberoemde koloratuur-sopraan by ons
Sumi toe word sy Suzi en toe weer Sumi Jo
en sy was 22
sy was van Suid-Korea en het vertel
I study Roma Santa Chechilia
my boyfriend teaching me Italian, en ek
ek’t nie ‘n clue gehad waarvan sy praat nie
ons het so baie van dié simpel dingetjie
met haar vlymskerp stembandjies gehou
as sy nie gesing het nie, het sy gebabbel
in haar deurmekaar engels babbelbek
goed ja, sy het gewen: in Koreaanse drag
so geweldige rooi en oranje rok, en dit
was die eerste internasionale Unisa sangkompetisie
the adjudicators’ decision was unanimous
sy tril beter as die nagtegaal
toe vat ons haar na die leeutjies in die leeupark
en speel sy met hulle, soos ‘n kind
sy het vertel haar kinnerjare was taamlik kak
haar ma wou nie eers vir haar ‘n pop koop nie
anyway
babbelbek en eerlik oor als, en
nou ja hulle gee baie op
vir kuns, sy kon nooit trou nie
haar sang was alles, in my next life, sug sy
I want normal
maar tog wat ‘n wonderlike lewe-loopbaan
het sy toe kon beoefen later jare
al die jare opera, opera en so aan
toe kom daar hierdie tjellis uit Roemenië
Yvonne Yvonne Yvonne Timoeanou
sy ook was behep met haarself van ‘n kant af
haar geweldige skoonheid het sy na die lig toe gedraai
fotograwe en joernaliste kom in bewondering vir haar
ek verdwyn om die blok om die hoek op 'n draf
maar tog — hóé het sy nie geoefen nie
in die kamer langs my deur
een deel uit ‘n Paganini-variasie
oor en oor vir ‘n duisend keer
tot ek my kussing gedruk het oor my kop
ek loop kombuis toe
my dop is op
skink liewers sterk koffie
terug na my bed
en in my jogaposisie
sing ek geen oggendgebed
maar light vir my ‘n sigaret en dink
tog wonderlik al die kunstige mense
ek weet nie hoekom dit my tog ook op ‘n manier
so afgesit het nie, moeg gemaak het, dalk maar my
breinskade, my ai tog, senuwees, skugter, vrees
maar nee, ek wou niks met dit te doen ge
en steeds nie: huishen I suppose maar
ag, later jare al hoe meer
was en is dit die skeppende kunstenaars
wat my meer interesseer, maar komposisie
en uitvoering gaan hand aan hand soos
oeps, nou vergeet soos wat …
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.