15/07/25

Kunstenaars! (en kunstekringe)

oy gewalt und gewetch

plotch und pletch 

die skrywers en skilders

digters filosowe denkers

en sommer eksentrieke professore


‘n gepratery van werkwoorde

tot laat in die nag

dramatipes wat in ons huis gekiep het

vreemde wesens wat van oor die water

by ons beland het


Jean Claude Lejosne van Metz

in 1977 het hy maande lank by ons gebly

so reuk so stank

sleep hulle hom saam plase toe 

en toe was hy gek oor Suidwes

kruip by die mense in hulle strooise rond

hierdie professor wat baie vreemde tale kon praat

en my leer dink het in my eie brabbelfrans


die ou komponis en sy gesinnetjie 

pas terug uit Baltimore ‘n drie weke

by ons gebly met die twee seuntjies

daai hele storie van Stefans Grové 

het ek elders in my memoir al beskryf

my ouerhuis se deure het oopgestaan

die mense het gekom en weer gegaan


musici


‘n heldetenoor uit Pole

‘n bariton van New York

‘n pianis tipies Duitsland

en een van iewers Spaans, maar

hulle almal kon ook geweldig baie praat


daai Unisa eerste internasionale musiekkompetisies

was ‘n big deal ons was almal verstom

met hoe wonnerlik daai performing young artists


1982 die klaviere en in 1984 ek was toe 23 

kom bly 'n wêreldberoemde koloratuur-sopraan by ons

Sumi toe word sy Suzi en toe weer Sumi Jo

en sy was 22


sy was van Suid-Korea en het vertel

I study Roma Santa Chechilia

my boyfriend teaching me Italian, en ek

ek’t nie ‘n clue gehad waarvan sy praat nie


ons het so baie van dié simpel dingetjie 

met haar vlymskerp stembandjies gehou


as sy nie gesing het nie, het sy gebabbel

in haar deurmekaar engels babbelbek

goed ja, sy het gewen: in Koreaanse drag

so geweldige rooi en oranje rok, en dit

was die eerste internasionale Unisa sangkompetisie 

the adjudicators’ decision was unanimous 

sy tril beter as die nagtegaal


toe vat ons haar na die leeutjies in die leeupark 

en speel sy met hulle, soos ‘n kind


sy het vertel haar kinnerjare was taamlik kak

haar ma wou nie eers vir haar ‘n pop koop nie

anyway

babbelbek en eerlik oor als, en 

nou ja hulle gee baie op

vir kuns, sy kon nooit trou nie

haar sang was alles, in my next life, sug sy

I want normal


maar tog wat ‘n wonderlike lewe-loopbaan

het sy toe kon beoefen later jare 

al die jare opera, opera en so aan


toe kom daar hierdie tjellis uit Roemenië

Yvonne Yvonne Yvonne Timoeanou 

sy ook was behep met haarself van ‘n kant af

haar geweldige skoonheid het sy na die lig toe gedraai

fotograwe en joernaliste kom in bewondering vir haar

ek verdwyn om die blok om die hoek op 'n draf 


maar tog — hóé het sy nie geoefen nie

in die kamer langs my deur

een deel uit ‘n Paganini-variasie

oor en oor vir ‘n duisend keer


tot ek my kussing gedruk het oor my kop

ek loop kombuis toe

my dop is op

skink liewers sterk koffie


terug na my bed

en in my jogaposisie

sing ek geen oggendgebed

maar light vir my ‘n sigaret en dink


tog wonderlik al die kunstige mense

ek weet nie hoekom dit my tog ook op ‘n manier

so afgesit het nie, moeg gemaak het, dalk maar my

breinskade, my ai tog, senuwees, skugter, vrees

maar nee, ek wou niks met dit te doen ge

en steeds nie: huishen I suppose maar

ag, later jare al hoe meer

was en is dit die skeppende kunstenaars

wat my meer interesseer, maar komposisie

en uitvoering gaan hand aan hand soos


oeps, nou vergeet soos wat …





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...