15/07/25

Landkaart

turend het ek ver gekyk
fronsend oor hierdie wye uitgestrektheid

bepeinsend het ek aanhou lees 

oor hierdie landskap se diep klipwerk


met verwondering ontdek ek ou paaie

nou nat verby riviere en skerp draaie


die lower rank en bedek 

die watervalle stroom in hulle duisende 

teen die kranse af


die aand word stil

‘n plaashond blaf  

die aand word stil

net ‘n jakkals

wat draf




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...