15/07/25

Liefling

dalk kom ek eendag terug
van verre vreemde oorde

die Teems of Ryn of ’n sierlike huis

met gewels en wingerdeboorde

terug na jou dors na kennis

jou soeke na die kreatiewe self

en die nuwe word in onskuld ouer

ons liefde steeds net soos dit was

in passie ekstase en die dieper dors

liefde in jou aanraking van my seer linkerbors 

liefling dalk kom ek eendag terug

na ons bokkieplaas in die noorde



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...