22/07/25

Jou werk, 'n inspirasie

Vir Mia


jy kon skryf

en moes nooit ophou nie maar

rustig in jou slaap 

het jy die aarde verlaat


jou kat sit nog op ons stoep 

vir die koue wintertuin en staar

ons honde drink nog soggens 

melk uit hulle pierings


en jou boek sal aanhou orals

in mense se warm huise rondstaan

in vliegtuie saam vlieg, op bootboekrakke sit

jou poppe sal rondhang en gesels

die kruietee sal trek en ek sal aanhou skryf 

en uiteindelik my boek maak van my lewe geleef

met iemand in briewe


iets wat ek nooit verwag het het gebeur

toe jy daai gewelhuis se stokou deur

agter jou toegeklap het weer en weer


jy het vir ‘n laaste keer in die Karoostof gedans

en toe in jou slaap my hart

het jy vergaan


die tee sal trek en ek sal aanhou werk

my groot boek maak

van my lewe geleef

met iemand in denke


iets wat ek nooit verwag het het gebeur

toe jy daai gewelhuis se stokou deur

agter jou toegeklap het weer en weer


ons sterf en dis hard

maar dit is 'n verligting

en jy het as vervulde vrou 

jou mooie asem uitgeblaas


rus nou sag my mooie Mia

jou werk bly

‘n inspirasie


vaarwel my eie zoetelief

ek sal jou in my hart 


bly dra


Met liefde

Jou Nico


🦋

© Annora Eksteen


Dis sommer uit my verhaal van Mia en Maya uit.


Hier onder, 'n paar stillewes uit my eie reis uit wat maar baie armoedig was.

Klein dingetjies. Dan die ander wonderlike dinge deesdae: warm water soms, stort, waaier, Internet en nuwe laptopskiekaia, asem, lewe, liefde vir alles dit waarvoor ek lief is en om my dae om te kry met meer rustigheid.








Soms kom foto's mooi uit:

.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...