22/07/25

Koppe bymekaar in die ruimte

kyk hoe ver lê ons aarde nou

kyk daar onder was ons land


om ekstaties lief te hê

hang ons hand aan hand 

tussen sterre en die maan


ons borrelende denke 

bind ons saam in liefde 

begeerte en erotika


of was ons liefde bloot

in die verstaan van die ruimte 

so ver bokant ons


was ons liefde slegs 

vir poësie en taal


of is ons liefde suiwer 

die ruimte in ons

 

en die ruimte 

van musiek en gevoel

om ons


🦋

© Annora Eksteen, 2010


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...