22/07/25

Loutering

ek luister na te veel mondmusiek

 

maar aan die dreunsang van jou stem het ek jou herken

in kompartement nege-en-twintig

 

in jou sterk manlikheid in ritme met die trein

ruik ek die donker gronddonker

van ons Afrikagrond

 

aan die reaksie in my lyf skoongestroop van sieraad

gesuiwer deur my skedel deur al my donker skeletgange

kon geen man dit ooit soos jy doen nie


jou liefde liefde vir Afrika o Afrika

maar ook jou weerlose vroulikheid

ja ook jou kinderlike onskuldigheid herken ek

aan jou lang vinger wat wys

na die jakkals se draf draf

deur die veld


jou idees: leef tog maar versigting

gee tog iets terug aan die aarde ons aarde

 

jy wat deur alle versperrings transendeer

sonder ’n geweer sonder ’n geweer






op ’n trein wat donderend deur die donker dreun

 

♪♪♪♪ l ♪♪♪♪ l ♪ ♪ ♀ l ♪♪♪♪ l ♪♪♪♪ l ♪ ♪ ♀ l ♪♪♪♪l ♪♪♪♪


mag jy eendag vry wees

mag jou vingers oor my lyf voel

mag ons iets van hierdie rykdom teruggee

 

en iets leer

uit hierdie helse leed


🦋

© Annora Eksteen, 2010

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...