22/07/25

Lugleegte

in hierdie tussenpose

hang jy my op aan die wasgoeddraad  

onderstebo aan my tone hang ek 

en spin jy die wasgoeddraad  


jy druk vir my ’n pen in die hand

take notes sê jy en loop verby 

die skuifhek uit die strate in


baie ander loop eenvoudig 

al geselsend 

verby


en ek swaai en draai kop onderstebo 

tot die wasgoeddraad stil raak

en ek steeds onderstebo hang


dit raak donker 

ek is in die lugleegte 

ek werp my in     


daar is 

geen gedagtes

geen poësie

net mense wat my aanstaar

dan hulle koppe wegdraai     

as ek opkyk my oplig 

my arms uitstrek 

my hande oopvou

die draad vasgryp

my bene uitskop 


en soos ’n mal vrou op ’n perdedans

ou Franse plattelandse musiek

al om die Maypole vlieg


🦋

© Annora Eksteen, 2010



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...