22/07/25

Maar jy is ‘n vreemdeling

en ek ken jou nie en ek wonder soms

hoekom ek jou nog probeer soek het 

hier en daar nou lankal mos 

is jy nêrens in my ruimtes nie


tog skryf ek steeds vir jou op hierdie blaaie 

van my stories se manuskripte en gedigte 

aan en aan in die wete 

van die sinvolheid van my bestaan


ek probeer onthou van ‘n melodie van jou

maar die  woorde is betekenisloos nou


ek dink nou verder en rig my gedagtes

op interessante rede

op bewustheid van my intellek 

in beter konsentrasie

en ek dink altyd ook aan 

wat is versoening en vrede


ek asem nou diep

my verstand is te skoon

vir ‘n vreemdeling 

om in te woon


en tog ken ek jou nou goed

so dalk is jy tog nie meer 

so ‘n vreemdeling in my bloed


dalk inderdaad nie


want eintlik is jy orals

hier om my en hier 

by my


of is dit net 'n rekenaarprogram

wat so inhak op my

hier in my hut

en orals op my toestelle

al het ek net twee

my foon en my laptop


of wat op aarde gaan aan

dat selfs die Uberbestuurders soms

laat blyk hulle is deel van 'n netwerk


en dan weer soms glad nie


is dit maar die realiteit van ons nuwe bestaan?

dat kameras mens afneem en maak dit eers saak?


nee wat, ek gee nie om nie, ek leef eerlik

foute en als en ek probeer maar altyd weer

beter wees beter werk beter doen


en so aan


🦋

© Annora Eksteen





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...