22/07/25

Maar vir ons is 'n toekoms saam belowe

en sal ons in die lente dans

en in die somer liefde maak

en sal ons bymekaar kan bly

en in die winter steeds kan vry


dans met my

en kyk vir my

en weet dat ek

lief vir jou bly


die seisoene sal weer kom

die bome sal weer in oorvloed blom

die strome sal weer vloei en ons sal saam 

vir die vissies kossies strooi


saam kom ons terug uit vreemde lande

om te leef sonder vrae in ons hardwerkende hande


elke keer besef ek net meer 

hoe lief ek is vir jou liewe meneer

so dans met my en kyk vir my

en weet dat ek net lief vir jou 


sal bly


🦋

© Annora Eksteen







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...