wanneer die son gaan slaap
is die riviere rooskleurig
en ‘n flou trilling trek kort
oor die koringvelde
‘n stukkie advies om gelukkig te wees
blyk uit al hierdie dinge
en strek op na die verwonde hart
‘n stukkie advies om die sjarme
van om in die wêreld te wees te proe
terwyl ons jonk is en die aand mooi is
want ons — ons gaan weg
soos hierdie brander weg spoel
sy na die see
ons na die graf
🦋
© Annora Eksteen
‘n Verwerking van Beau soir deur Paul Bourget (1852–1935)
en ‘n flou trilling trek kort
blyk uit al hierdie dinge
en strek op na die verwonde hart
terwyl ons jonk is en die aand mooi is
soos hierdie brander weg spoel
sy na die see
‘n Verwerking van Beau soir deur Paul Bourget (1852–1935)


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.