wanneer die lig oor die velde skyn
sal ek vertrek
jy sien, want ek weet jy wag vir my
ek sal na die woude gaan
ek sal na die berge gaan
ek kan nie meer langer
ver van jou af wees nie
ek sal met my oë op my denke gerig stap
sonder om iets te sien
sonder om enige lawaai te hoor
alleen, onbekend, my rug krom
my hande gekruis
hartseer, en die dag, vir my
sal wees soos die nag
ek sal nie die goue einde van die aand sien nie
ook nie die seile in die verte
wat af beweeg na Harfleur
en wanneer ek daar aankom
sal ek ’n bos groen huls
en blommende wilde heide
op jou graf plaas
🦋
© Annora Eksteen
‘n Verwerking van Demain dès l’aube deur Victor Hugo (1802–1885)


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.