22/07/25

Môre met dagbreek

die uur wat die velde wit maak
wanneer die lig oor die velde skyn
sal ek vertrek

jy sien, want ek weet jy wag vir my
ek sal na die woude gaan

ek sal na die berge gaan
ek kan nie meer langer
ver van jou af wees nie

ek sal met my oë op my denke gerig stap
sonder om iets te sien

sonder om enige lawaai te hoor
alleen, onbekend, my rug krom
my hande gekruis

hartseer, en die dag, vir my
sal wees soos die nag

ek sal nie die goue einde van die aand sien nie
ook nie die seile in die verte

wat af beweeg na Harfleur
en wanneer ek daar aankom

sal ek ’n bos groen huls
en blommende wilde heide

op jou graf plaas

🦋
© Annora Eksteen

‘n Verwerking van Demain dès l’aube deur Victor Hugo (1802–1885)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...