19/07/25

Kleur die vroegdag in

by die see het sy in prismakristal 
die son sien opkom en geweet

alles was nie verniet nie


die kleure het in skerp sproeivloei  

haar wese gevoed

in lasuursteen was die dag aan die kom


karmosyn kontoer haar bloedlyn

in die geel oranje son se soen

in die ligblou in die blanje 

in die blink diamant se lemoen


en in die asuur en oker van die agaat se lig

het sy op die saffraansand gaan sit

deurskynend agteroor gaan lê 

en haar oggend 

bedig


© Annora Eksteen, 2009

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...