ek het gehoop
en so vertrou
ver het ek gaan soek
na die mooi in jou
maar wat is berou
herinneringe verdwyn
soos weerkaatsings
se wasem oor die meer
ek pluk ’n laatherfsroos
en asem diep die geur
van jou onthou
© Annora Eksteen, 2009
Ek het al in 2008 Aan Mia en Maya begin skryf, maar dit het ... wel toe darem 'n verhaal gevorm. Amper klaar seker.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.