bepeinsend sag
is my effense hartseer nou
terwyl ek sit op 'n grasterras
met ‘n stil maanliggehoor
Ondine, jy’t met my geskerts
Lavine, jy was so eksentriek
ek draai my gesig
in die bloeiselnaglug
ah, monsieur Debussy
die feë is voorwaar
fantastiese danseresse
(… la terrasse des audiences du clair de lune)

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.