11/07/25

Ons planeet verby die verste ster

kom ons sweef rondom ons ver planeet

onder sy blink groen ster

kom ons kyk hoe skyn sy lig daar bo

waarvan net ons twee weet

in ons kleinkuns woonstel

in ‘n swak deel van Kaapstad

met ‘n matras op die grond

en ‘n rondloper hond

‘n kitaar ‘n kombers

en ‘n afvlerk papegaai

met die groen lig deur die venster

en die baai om die draai




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...