11/07/25

Ons kon nooit praat nie

jou werk jou lewe, jy is volmaak
maar ek is hier

afgesonder by my seeblou strandmeer

ver weg van die groot samekoms

van kreatiewes soos jy 

wat gemaklik saam kan bly


en as ek soms van veraf wink en waai

en aanhou omdraai

weet dis net oor ek daai sprankel nodig het

dan is ek weer vol geluk en kan ek dalk 

nog 'n komposisie uitpluk


dankie vir die stiltes 

dankie jy vir jou gedigte 

jou druk en jou anderster liefde 


stil een met jou gaafheid

jou verstaan en jou begrip

jou wysheid en jou visie

jou geduld en ook jou liefde


vir my


wat jou eendag so

verskriklik lief kon kry

en moes


laat gaan






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...