jou werk jou lewe, jy is volmaak
maar ek is hier
afgesonder by my seeblou strandmeer
ver weg van die groot samekoms
van kreatiewes soos jy
wat gemaklik saam kan bly
en as ek soms van veraf wink en waai
en aanhou omdraai
weet dis net oor ek daai sprankel nodig het
dan is ek weer vol geluk en kan ek dalk
nog 'n komposisie uitpluk
dankie vir die stiltes
dankie jy vir jou gedigte
jou druk en jou anderster liefde
stil een met jou gaafheid
jou verstaan en jou begrip
jou wysheid en jou visie
jou geduld en ook jou liefde
vir my
wat jou eendag so
verskriklik lief kon kry
en moes
laat gaan

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.