15/07/25

Ek kyk na myself: 'n Onsigbare reisiger

vlieg dan op reëndans
maak my arms oop


en die rede maak ‘n plek

wanneer 'n digter bly

in ‘n wêreld van reën


fokus nie op verlies nie

kyk wat jy bygekry het


vlieg dan op reëndans

raak my aan 

met jou beweging


deur siklusse

en seisoene

gaan ek saam


en ek dans




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...