22/07/25

Ou krane is pragtig

hulle vertel 'n storie

van water onder stede

en verborge riviere


hulle kraak en lek

hulle dreun en kreun

hulle mors opgewonde

wanneer warm water neerstort

en begin gesels

met pienk borrels


kom ons vat 'n borrelbad

lag en sing hulle


sing 'n lied saam met ons

in jou borrelende borrelbad


ou krane is pragtig

hulle vertel 'n storie

van water onder stede

en verborge riviere


🦋

© Annora Eksteen


Treinspore ook. Ook pragtig. Veral langes de kus af.











Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...