raap ’n frase van jou lied
van jou ritmiese dans
raap ’n weemoedige verlange en wysie op
drink dit in word een daarmee
speel daarmee
laat dit vry in die herfslanings
draai dit om in jou kop
deurmekaar wentel middeljare
als op en op
en spiraal in die ylblouvliesvere
van die verbygaande lug
kyk af en sien jou hande word ouer
jou lewe al goed geleef jou asem dieper
jou voete jou voete
het ver geloop
jou denke is oop en skoon
en in ’n arm
’n muse liefdeswoning
wil jy voortaan woon
wil jy sien en slaap en rustig droom
terwyl die vloere kreun
en die dak sug
die koue waters stotter
die ketel kook
die kampvuur rook
en die dik boek vanself
omblaai

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.