in Raglan Hall digby Hampstead Heath het ons gebly
wit geverf met ‘n teëlrooi dak
diep rottangstoele op die fraai skoon stoep
ek en jy was aangenaam verras met mekaar
by Muswell Hill het ons gholf gespeel
en in die Flute Restaurant was die lunch
‘n lewendige Sondag brunch
dit was net ‘n kort besigheidstrip
gou was als verby
drie jaar later is jy nog hier
maar tragedie het jou getref
ek sien jou nog by die werk
jy lyk soms baie sterk
maar hoe genees ‘n hart
van soveel smart
dit het een koeël gevat daai Sondagaand
jou vrou was in die kombuis
sy het haar selfoon gegryp
dit was ‘n fout
want die wrede inbreker
het haar in haar kop geskiet
jy het nie weer met my gepraat
dit was vir ons
te laat
maar dan weer
miskien nie
met tyd kom mos
raad

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.