asseblief engele van weleer
moenie my weer laat val nie
maar sit my saggies neer
vou julle vlerke sag om my
en sit my saggies neer
tussen twee klaviere
in ‘n sitkamer
met ‘n sagte mat
omring my in ‘n ruising
en sit my saggies neer
in ‘n sitkamer met 'n uitsig
en ‘n langhaar kat
maar KAPLAKS
gooi hulle my weer
HARD op die teer
o fok tog, o wee
my lyf diep verwond
bloed op die grond
bloed in my mond
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.