11/07/25

Toe die nag haar arms om my toevou

het ek het jou gesien

in die wye ruimte van my denke

en ek het my regtervinger gevat

en die lyn van jou hare gevolg

van jou middelpaadjie

oor die brug van jou neus

oor jou onskuldige wange

oor die weerloosste deel van jou nek

af met jou skouer

jou pragtige arm

na die bokant van jou sterk regterhand

oor jou middelvinger

onder in jou handpalm

waar ek jou gekielie het

en ek het oor jou gebuig

en jou op jou mond 

gesoen


🦋

© Annora Eksteen, 2006














2017, Calvinia

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...