en sy check my totally uit
en sê
hm uh nee, jy weet dat dit beter is
jou hartseer sal oorwaai
net soos die wind omdraai
ek sal jou mis
sê sy
ek sê
sjoe, as ons net
‘n koppie koffie kon kry
maar dis oukei
dis nou verby
sê sy, oukiedy, daai wonderlike een, vir my
ek wou glad nie met jou baklei
jy lyk nog steeds so mooi vir my
later waai die winde
van vergetelheid weer
en sal niemand weet
of onthou wat nou eintlik
gebeur het daai keer
ek sê vir myself
ek is musiek, ek is lig
‘n wonderlike wese
‘n aardling, 'n dwalende ding
die herfswind
se stokou liefdeskind
‘n dolfyn en ‘n walvis
ek draai my rug op die land
en kyk uit oor die wye waterkant
want ek is ‘n klaviervrou
ontheemd, maar florissant
en ek ry op 'n woordgolf
skryf nog ‘n gedig en
met weereens 'n gesug
spoel ek uit tussen seester en wier
met ‘n middeleeuse lier
eensaam verwoes
stap ek rond
blywend hartseer
vertrap tot in die grond
maar ek kyk terug
want musiek bly in my
soos ‘n stokou refrein
ai, die skat
sy huil haar kussing
elke aand
sopnat
tog, kyk net hoe het sy gegroei
nie weer laat sy met haar so knoei
sy skryf alles uit haar uit
en is nie oor dít enigsins spyt
mooi vrou sê jy
‘n kunstenaar sal jy altyd bly
maak nie saak hoe hard jy nog altyd
daarteen wou stry
nou kan ek weer sing
sonder trane in my stem
my hart is bly
al is my sosiale vaardigheid gestrem
ek kan weer sing
ek draai weer om
ek wil nooit
van myself af wegkom
en ek hou altyd aan
om terug te gaan
na haar
van wie ek
weg moes gaan
toe vlieg ek swiepend
dwarsdeur die lug
gli uccellini
die voëltjies
cantare e volare
volare e cantare
sing en vlieg
vlieg en sing
muses arende watervoëls
swane dolfyne ribbokke
en robyne
ek sal ophou blameer
en ophou kritiseer
meer waardeer
🦋
© Annora Eksteen, 2006
2017, Kaapstad Lughawe
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.