11/07/25

Trein van Mosselbaai

ek lê in die nag 
wakker en wag

vir die trein

van Mosselbaai


die lug is stil 

en ek skryf vir jou 

‘n laataand winter skrywersbrief

van die rammelende trein 

aan hierdie kuslyn 

van onstuimige see

en grys dolfyn


sy dreun van ver 

en stoom verby

sy ruk en pluk aan die ruite

van die strandwonings 

verby Tergniet

en Reebok

se treinpad

huise





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...