17/07/25

Voor dertig Oktober

oor begin

in son


sal ek met my kwas

hierdie blaaie verf

want sonder jou sout glimlag

jou voortande soet op jou onderlip

jou groot sagte borste 

jou bruin tepels onder my tong

sal ek sekerlik sterf of


weer begin

in sand


waar ek jou sien: diep tevrede 

waai jou hare deurmekaar

en ek vermurwe oor die stilblou strandmeer

oor tye wat sal kom en tye soos nou 

en tye van meer


oor die strand oor die land 

oor die sandland verteer ek

as jou lippe myne soek 

waai my hare oor jou tong wanneer ons


nuut begin

in wind


en visioene 

van coffeeshops en morningstreetsoene


iewers in cappuccino melkskuim 

vind ek jou melodieë geneurie

teen die sagte uurglas van my rug


deurmekaar windverwaai tokkel jy my lyfkitaar 

en my hart strum saam op jou liriese stem en


ons begin

in see


daar sit jy oorkant my 

jou lang bene teenaan my

in die strandrestaurant hier by my


borde vol kos: vis en slaai

glase vol wyn: ys en oi

ons stil samesyn 

as robbe baljaar

in die helder baai


nou

in lug


is daar die diep sekerheid 

van jou skranderheid

en jou liefde


jou wonderkyk

jou kyk na my laat my smelt

en soos seeskuim

onder die tafel ingly


,


with a cheese and onion sandwich on Exeter station oi

water borrels suurlemoen kruisement oi

silver bullets avec cola tonic and bitters

oi oi oi


mens noem die mocktales oinnora

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...