11/07/25

Walvisvrou

op my ou eiland van blare en wind 
ry ek op die rug van ‘n walvis


ek lê plat met my wang 

teen haar groot warm lyf


magiese walvis 

en wese van mites


haar musiek van die borrelsee

streel my en trek my so naby

aan die kosbare wêreld 

waarheen sy my saamneem


en soos ons oor die oseaan 

ver weg gaan

my wete 

van honger kinders ver


maar vir nou

is ek een met jou, walvisvrou 

en ek vier wat mooi is 

op ons planeet




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...