ek praat van die spel
terwyl die wit skoon water
yskoud verby my snel
daar mag jy niks vertel nie
te veel sou ontbloot word
wat jou vir my sal laat vergeet
wat my net weer sal laat weghol
ek verstaan, het my buurvrou in Salzburg
lank terug vir my gesê
in ‘n pension met 'n broodontbyt en ‘n herdershond
gaan stap op tot by die kasteel
en kyk af na die rivier waar die waarheid vloei
en gaan oefen jou spel
jy speel so mooi

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.