ek het weggeloop maar omgedraai
en teruggekom na jou toe
my vasgeloop en vasgedraai
in ‘n warrelwind van webwerfwoorde
maar waar is jy in hierdie web
van woorde wat rondwaai
waar is jy in hierdie web
geskep deur ‘n netgooispaaider
verward het ek hartseer weggeloop
van ‘n duisend-en-een liefdesverse
ek het aanhou stap
maar omgekyk
en teruggedraai
na jou toe

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.