vir jou wat dalk wou weet
of ek jou dan kon vergeet
in ‘n winternat Suidkaap
se oranje groen heuwels
wat versprei oor bruin voetpaaie
vir jou wil ek sê
jou name lê deurmekaar
in plantselle wat vog drup
en in my dye
my hart is vol verlange
as ek slaap tussen die bitter aalwyne
ek word wakker en skryf ‘n rooi aalwyngedig
om aan jou te stuur my skrywerslief
bergaalwyn woorde Karookruie koue geure
miljarde sterre bo die Kamdeboo
met die winterskoon maan van die nag
in hierdie Kaapvakansiebrief
skryf ek vir jou, my grootneus genie
met die KI-name en swaar hangwange
vir jou my lief, jy
met Karoobossies in jou lag

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.