van ‘n wyn en whiskie geworde landemassa:
met ‘n derde sigaret en ‘n vlam
eers ek wat teen die hange klim
waar punte bloedrobyne in die sneeu glim
drup, drup en drup die bloed
by my gevalle skenkels
toe ons wat deur die groot sand swerf
en die swaelvulkaan blaas als vol lawa
ek, die aarde, is met as oordek
met digte lae is ek oortrek
swart, blink, glad en hard vernis
maak my dan maar dood
nuwe morene lê suid van die yslyn
waarop die son koud nog skyn om dan
in die kalmte van ‘n nuwe Pleistosene môre
ruwe vorms uit vars rooi grond te kry
toe ons wat deur die groot sand swerf
deur die moeras, op teen die berg
af teen die helske heuwels
die gebreekte voete waar die wandelaar
af teen die helske heuwels
die gebreekte voete waar die wandelaar
sy duisend dode sterf
naar in sy keel tot by sy nier
naar in sy keel tot by sy nier
nooit weer sit hy sy mond aan bier
en die swaelvulkaan blaas als vol lawa
ek, die aarde, is met as oordek
met digte lae is ek oortrek
swart, blink, glad en hard vernis
maak my dan maar dood
probeer maar weer
ek kan nie juis gou sterf nie
die riwwe loop lankal deur my are
dit skiet die hele alles vol sprankels van
hierdie suiwer
goud
bring steeds vir my die groot rooi blom
suurlemoene en water en towerkieries krom
ons wou die wêreld teen sy as laat omdraai
om verby swaartekrag en tyd in die ruimte
te gaan skoppelmaai
Vasgevange dinosauria vroeg-Karoo:
ek kan nie juis gou sterf nie
die riwwe loop lankal deur my are
dit skiet die hele alles vol sprankels van
hierdie suiwer
goud
bring steeds vir my die groot rooi blom
suurlemoene en water en towerkieries krom
ons wou die wêreld teen sy as laat omdraai
om verby swaartekrag en tyd in die ruimte
te gaan skoppelmaai
Vasgevange dinosauria vroeg-Karoo:
nuwe morene lê suid van die yslyn
waarop die son koud nog skyn om dan
in die kalmte van ‘n nuwe Pleistosene môre
ruwe vorms uit vars rooi grond te kry
die tweede tydperk vloei oor swart grond
Siklus:
met tee
dit is ons lewensweë
vroeg in die tyd is aan ons gegee
‘n bietjie grond en ‘n stuk see
plant en dier en toe die regop mens
het onrustig oral roerend begin
die dopelinge in die grootspruit dompel
die wit prediker kom jelp vir ons
dan, net voor die vlieë vrek
word my beenwit arms uitgestrek
wie lag daar ver, wie lag dan nou
ek dog die geesdrif het verflou
Toe was daar:
die dood, ‘n tweepootklok
maar ons was nog die wals aan’t dans
maak gou! gee pad! daar brand die mied!
die vonke skiet tot in die niet!
almal, maar álmal hardloop!
die rekordbreker Koroibos uit Elis
kok was sy nering, hy, was héél voor!
maar my knieë swik en ek
hoor daar die tydbom tik
En toe:
was daar so dikwels steeds sneeu
wit kruin om donker krater
op Foedjijama
en Dello die appelrooiwangkêrel
ou Dello, het een of ander skip gebou
Voor my staan nou ‘n geswinde hings:
oor as oor sout oor Kartago oor Pergamon
smeulend in geweld gevorm was daar
smeulend in geweld gevorm was daar
antieke kruik, antieke klei, antieke skrif
die geheel van nou al lankal
ons beskawings in die Holoseen
Siklus:
met tee
dit is ons lewensweë
vroeg in die tyd is aan ons gegee
‘n bietjie grond en ‘n stuk see
plant en dier en toe die regop mens
het onrustig oral roerend begin
die dopelinge in die grootspruit dompel
die wit prediker kom jelp vir ons
dan, net voor die vlieë vrek
word my beenwit arms uitgestrek
wie lag daar ver, wie lag dan nou
ek dog die geesdrif het verflou
Toe was daar:
die dood, ‘n tweepootklok
maar ons was nog die wals aan’t dans
maak gou! gee pad! daar brand die mied!
die vonke skiet tot in die niet!
almal, maar álmal hardloop!
die rekordbreker Koroibos uit Elis
kok was sy nering, hy, was héél voor!
maar my knieë swik en ek
hoor daar die tydbom tik
En toe:
was daar so dikwels steeds sneeu
wit kruin om donker krater
op Foedjijama
en Dello die appelrooiwangkêrel
ou Dello, het een of ander skip gebou
Voor my staan nou ‘n geswinde hings:
dit was op hierdie vurige jong perd en so rats
wat ek so liggietjies moes leer ry
maar toe ek my weer kom kry
klou ek vas net aan sy stert
kaal is my arrie wat skuur op die rots
galm sy hoewe die kranse in weg
die berge op, die klowe af, my ryperd is in vlug
deur ‘n gesneeude wolk trek ‘n dolkstreep sterre
in die nag se varskoud eie lig
Ek klief met ‘n vaart die buiteruim in:
en wanneer die erdetuig ruimtelik word
ontsnap ek van die moederloog
beweeg ek in ’n kaleidoskoop
van mens en aarde, plant en dier agtergelaat
die blou sfeer van die duiselende planeet
terwyl ek die ontploffings luid vergaar
vir die veelheid en die binding
wat ek so liggietjies moes leer ry
maar toe ek my weer kom kry
klou ek vas net aan sy stert
kaal is my arrie wat skuur op die rots
galm sy hoewe die kranse in weg
die berge op, die klowe af, my ryperd is in vlug
deur ‘n gesneeude wolk trek ‘n dolkstreep sterre
in die nag se varskoud eie lig
Ek klief met ‘n vaart die buiteruim in:
en wanneer die erdetuig ruimtelik word
ontsnap ek van die moederloog
beweeg ek in ’n kaleidoskoop
van mens en aarde, plant en dier agtergelaat
die blou sfeer van die duiselende planeet
terwyl ek die ontploffings luid vergaar
vir die veelheid en die binding
van 'n nuwe ster
🦋
© Annora Eksteen, 2025
ERDEWERK is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.