vroeër in die ou-ou tyd
net mooi helemaal niks nie
behalwe wat ek kon dink
maar nou’s my huis vol, propvol
soos ‘n okkerneut vol lê in die dop
ek groet my kinders in die môre
tel hulle warm in die kooi saans
want hulle is myne
en hulle maak my huis
vol
ek groet my kinders in die môre
tel hulle warm in die kooi saans
want hulle is myne
en hulle maak my huis
vol
🦋
© Annora Eksteen, 2025
MY KINDERS is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.