doedoe nou, my liewe kind
duiwe rus nou oral buite
maar my spoke gryns al in die wind
slaap nou rus, bly sag en rustig
slaap maar stil die liewe nag
buite is die klag van drome
in die ruwe donker bome
ek sus my liewe kleinding in die nag
want oral is die spooksoldate
wat my slaap kom vat
honderd, honderd stap hulle verby
duisend, duisend kry hulle vir my
maar jy kan rustig bly, ou kindjie
deur die nag tot in die dag
in jou onskuld kan jy nog
steeds gelukkig
lag
🦋
© Annora Eksteen, 2025
MY KLEINDING is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.