28/08/25

Die laboratoriumassistent se eksperiment

in dubbelverdiepings van nuwe stede
lê grou ballades met modderdruppels rooi
oor groen slym van hare waar swabvet dames
sirkel om ‘n dobbelwiel

dit gaan ons suiwer
met swart grond strooi
met blink nikkellemme deur die vesels steek
tot daar in bros proefbuise

nuwe vorms groei

🦋

© Annora Eksteen, 2025


EKSPERIMENT is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...