28/08/25

Verwaaide plastieksakke in die reën

hierdie woonplek
ons dorp ons straat
word gelos vol bedorwe liefdes
en haat

nou dat sydistels groei by die koue kat met kleintjies
langs die oopgesperde oë van die draad

ek kyk en sien

maar ek word oor lamppale uitgestrek
wat oor asfalt dun kwyldrade
as enigste verbinding laat

en die reën bedruppel 
verwaaide plastieksakke

🦋
© Annora Eksteen, 2025

VERWAAIDE PLASTIEKSAKKE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...