09/08/25

Die jare toe my oë in 'n vuur gebak is

die tyd toe dit soos albasters in 'n oond
in stukke gespat het

die ou vrou het geskree:
trek af jou broek!

my geslaan met ‘n houtlepel
met 'n vinger van haar linkerhand
op my klitoris tot ek ‘n orgasme gekry het

soms het die vinger verder gegaan
op my en in my vagina in 
my vulva beseer, gesny met haar naels
die labia, die hymen, die tere als

weer het sy dan geskree:
trek op jou broek!
gaan kamer toe!

histeries het ek dan gehuil
ek was klein
laerskool
voorskool
sy was — die waansinnige

wat help dit om te vra hoekom
'n defek in haar brein
ver verkeerde denkpatrone
die keuse tot donker donker misdaad

of het sy dit net geniet
om my vir ewig so seer te maak
ek in soveel
wat help dit om te sê

pyn

want om te praat
verswak die ontsetting

in en uit
in en uit

ritmies tel sy tot twintig
saam met haar geslanery
haar tegniek was geoefen

ek het verskriklik seergekry
daar op my tere dogtertjie 
vulva hymen klitoris

ook binne-in in verskriklike pyn 
ek onthou altyd dit was ontsettend seer

bloei bloed afskeidings piepie
my beentjies lam oor die aanranding

wat help dit om te sê 
dit vat ‘n leeftyd 
wat help dit om te skryf: pyn

ek, wat meer gehad het om van te probeer genees
ná borskanker, as kanker

meer as die oupa se seksuele aanrandings aan my
aan my suster, aan ander dogters
mens kan dit nie glo nie: my ma

aan my aan ander aan my ou klein dogtertjie
dit het soveel lange jare gevat om te onthou
veral om presies te verstaan
en dat ek orgasme beleef het
en so verskriklik aan die huil kon gaan daarna
dwarsdeur my lewe

dit is gekompliseerd
ek moes
die werk insit

daar was nie veel simpatie nie
ongeloof was daar wel baie van
hulle glo dit toe nie, want
dit is ongelooflik dat hierdie dinge gebeur het

maar ek het hard geword en taf
van al die grusame ignorerings
al die uitwerkings uit my werke
as musikus, as komponis
en geliefde onderwyser
ek moes dit alles verwerk

om dit dan te kon 
laat gaan

.
ek klink steeds bitter, maar
ek is nie, want my liewe kinders
het my deur jare van bitter swaarkry gedra

ek is nie, want daar was wel ondersteuning om my
ek kan dit nou sien, al het dit toe nie so gevoel nie

ek word nou geglo deur my familie
ek kry nou die klein pensioen
dit gaan nou beter, eintlik heel goed

ek skud nou my pynlike verlede van my af
my dogter ook, sy het ver gekom as vrou

ons konsentreer ná dese
op baie meer interessante onderwerpe
ons denke in baie beter gedagtegange

ek staar nie meer vas aan die lewe se lydings nie
om altyd aan te gaan met die dagtake van elke dag
met die ontspannings wat weer ná harde werk wag

met my rustige beredeneerde treë
of in my stadige boot op die Ganges
altyd na kalmte weer
altyd weer in skoonheid

in die lig
met blomme
met liefde
in aanvaarding

en vrede

🦋
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...