09/08/25

Dit is grusaam wat met my gebeur het

ek laat dit los en skielik dink ek terug


en ek kan nie glo wat ek ontdek het 

toe die waarheid uiteindelik 

vry gekom het nie


dis ‘n ontsettende lae selfwaarde

mens voel steeds jy verdien amper 

nie om te lewe nie


en toe ook nog en dis moeilik om te skryf: 

ook het sy dit gedoen aan my klein ou dogtertjie

nou ook lank gelede, maar toe ek dit besef het

nee!

nee, nee, nee!

doen dit nog aan my

maar doen dit aan my liewe liewe dierbare kind

die soetse mooiste vriendelikste gelukkigste baba ooit


en toe gan doen die ou vrou dit


dis wat gebeur met baie 

op soveel meer en meer verkillende maniere

dan elke keer


dink ek

laat gaan

laat gaan


laat gaan


sy’s dood en ek en my dogter

bestaan nog


en dit gaan nou goed! 


ons

leef!


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...