my gebeente is swaar
my lewe is weggevat
gelukkig het ek geen pille of alkohol in nie
want as ek voor die rowwe oseaan staan
trek die branders my in
hulle trek my saam
as 'n dag grou is en ek weer in rou
weet ek ek wil inloop my lyf wil gaan
in Oktober is hy dood
in Desember was ek siek
die koors brand my, ek hoes
in slym in seer in nood
ek soek iemand wat hom terug kan herroep
hy was te onklaar weg in die dood
ek het in die diepste wrak ingeduik
ek het die watermonster vermorsel
sy het ons beseer gemolesteer
sy kan ons nooit weer, nooit weer
sy het hom na die nooit weer gedryf
haar aksies maak ons gedaan
ek skryf dit uit ek skryf dit af
by die diepste wrak in haar slymstink graf
nooit weer kan sy ons
pa rus nou in sy louere
ek het hom opgelos
sy poësie kon ek verstaan
om liefdeswil skryf ek uiteindelik
op die ruspunt van Górecki vir pa
'n simfoniese toondig
op die diepste
A
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.