08/08/25

Ek hoor die see

my gebeente is swaar 

my lewe is weggevat


gelukkig het ek geen pille of alkohol in nie

want as ek voor die rowwe oseaan staan

trek die branders my in 

hulle trek my saam


as 'n dag grou is en ek weer in rou

weet ek ek wil inloop my lyf wil gaan


in Oktober is hy dood

in Desember was ek siek

die koors brand my, ek hoes

in slym in seer in nood 


ek soek iemand wat hom terug kan herroep 

hy was te onklaar weg in die dood


ek het in die diepste wrak ingeduik 

ek het die watermonster vermorsel

sy het ons beseer gemolesteer

sy kan ons nooit weer, nooit weer


sy het hom na die nooit weer gedryf 

haar aksies maak ons gedaan


ek skryf dit uit ek skryf dit af   

by die diepste wrak in haar slymstink graf

nooit weer kan sy ons

pa rus nou in sy louere


ek het hom opgelos

sy poësie kon ek verstaan


om liefdeswil skryf ek uiteindelik 

op die ruspunt van Górecki vir pa 

'n simfoniese toondig

op die diepste 


A


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...