vrees oor my ontsettend min geld
maar ek sou skryf oor hierdie koue water
weinig toiletpapier, pap en pilchards en verdriet
my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al, hoe lief
maar ek sou sing in warm bruin sjerrie
oor my musiek wat weg is in die verskiet
mense het in 'n oogwink weer
hulle rûe op my gekeer
my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al, hoe lief
ek kon nie eers meer
na hulle foto's kyk nie
ek kon niks meer verdra nie
alles het te swaar geword
my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al
hoe lief
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.