09/08/25

Steeds hierdie verskrikking van vrees

oor ek van almal weg moes gaan
vrees oor my ontsettend min geld

maar ek sou skryf oor hierdie koue water
weinig toiletpapier, pap en pilchards en verdriet

my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al, hoe lief

maar ek sou sing​ in warm bruin sjerrie
oor my musiek wat weg is in die verskiet

mense het in 'n oogwink weer
hulle rûe op my gekeer

my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al, hoe lief

ek kon nie eers meer
na hulle foto's kyk nie

ek kon niks meer verdra nie
alles het te swaar geword

my storie is net nog 'n lied
hoe swaar ook al

hoe lief

🦋
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...