en tog hou dit toe aan
maar dit is goed om baie diep te kan voel
om baie erg te kan rou
ek is gesuiwer ná als vandag nou
dit was tog beter dat ons
op verskillende roetes kon gaan
en tog op 'n manier altyd saam
ek kan nie dink hoekom jy … my
maar dit was daar
van die begin af tussen ons
en ek moes weggaan
alleen aangaan
ná alles soos ek dit nou kan sien
was jy darem dikwels hier
of verbeel ek my
maar in elk geval, dit was nooit jý
my onsterflike geliefde
wat my so seergemaak het nie
lange paaie na vryheid en vrede
is dit beslis
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.