09/08/25

Ek was baie baie bang

want toe, al weer, voel ek of ek gemartel word
en asof dit aspris is dat die kundiges my siek maak
seer maak, medikasie ingee
sonder dat ek daarvan weet

ek het al getwyfel aan hulle gesonde verstande
hulle menslikheid met hulle nuwe metodes
hulle gevaarlike behandelings

maar dan onthou ek van die kaktus
uit die dorings kom daar
die rooi blommetjies

bars my kop in seer stukke
my oë ontplof
my angs eks bang
dis ysig daar buite

en weer klap nog ‘n deur
toe in my gesig

maar dan onthou ek van die kaktus
uit die dorings kom daar
die rooi blommetjies

dis verby
dis af met die trappe
dis ondertoe
dis hier het ek afgetree
ek het gerus

dit is goed om nie gepla te word
in die ritme die tegniek van skryf nie
in marathon skryfsessies dag en nag
sal dit ooit end kry?

maar dan onthou ek van die kaktus
uit die dorings kom daar
die rooi blommetjies

brandarm was ek sewe jaar laas uit die stad uit
ek kom selde uit hierdie kelderkamer uit

maar dan onthou ek van die kaktus
uit die dorings kom daar

die rooi blommetjies

🦋
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...