10/08/25

Hoe? om verby

toe ek gesterf het onder die rooi son 

het hy in my ingebrand wat ek wou weet


dat ek moes rou in my onthou


om verby wat gebeur het te kom

trap ek my bebloede fiets deur die lug


klein mossie

wat as daar geen wreedheid was nie?


daarom huil ek weer in hierdie

my nuwe lewe


my trane drup deur miljoene ure 

in riviere vol spatsels geel sonlig


want uit hoë berge vloei riviere

uit ‘n hoë rivierhuis 

is my gesig na strome water gerig

om verby wat gebeur het te kom


met hierdie uitsig

deur al die oop vensters

staan ek in meer kennis

en in baie meer intellektuele


lig


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...