10/08/25

Haar wese was met smart toegetrek

die arme duifie wat ek gesien het 

op die wintergras 

toe ek daai dag met myself skool toe stap


sy het so seergekry

haar vere-rug was stukkend oopgesny

haar ogies was met vliesies bedek


heeltemal oorgegee was nog polsend 

haar keeltjie ontbloot


ek stap verby en dink hardop

plaas dat die rondloperkat

nou maar net haar kop afgebyt het 

met een hap


plaas dat dit die duifie liewers maar gedood het

dat sy nie daar op die sypad so lê nie, so ly nie 

so ontbloot


toe ek terugloop laat die middag 


het iemand, ek dink mos lankal

die spul wat my so beluister opneem

en afneem wraggies 

haar koppie voor my hekkie


neergesmyt


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...